not logged in


Idiome - J

Terug na Indeks

In die jaar nul.

- Nooit nie.

Hy is 'n klein jukskeitjie met 'n groot kop.

- Jy kan hom orals gebruik.

Hy is 'n vreemdeling in Jerusalem

- hy weet nie wat almal weet nie

Jakkals verander van hare maar nie van snare nie

- 'n skelm mens verander uiterlik maar nie innerlik nie.

Jakkals trou met wolf se vrou

- die son skyn terwyl dit ren.

Die ware Jakob

- die regte persoon of ding.

Mal Jan onder die hoenders

- een krel onder baie meisies.

Jan en alleman

- die deursneemens.

Liewer bang Jan as dooie Jan

- eerder versigtig as dood.

Jan Rap en sy maat

- die hele gespuis.

Jan Taks

- die belastinggaarder.

Iemand met 'n Janusgesig

- 'n huigelaar.

Hiervoor sal jy Job se geduld en Salomo se wysheid nodig h

- in hierdie saak sal jy baie verdraagsaam en verstandig moet handel.

Die juk afgooi

- vry word.

In dieselfde juk trek

- saamwerk.

Terug na Indeks
South Africa's Top Sites