not logged in


Idiome - V

Terug na Indeks

Hy pronk met anderman se vere.

- Hy spog met iets wat nie syne is nie.

Hy lÍ die vinger op die wond.

- Hy sÍ presies waar die fout lÍ.

Dis 'n vlieg in die salf.

- Dis 'n klein moeilikheidjie wat die genot bederf.

As die vlooie byt, moet jy krap.

- As dit nie anders kan nie, moet jy maar.

Een voŽl in die hand is beter as tien in die lug.

- Dis beter om tevrede te wees met 'n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry.

Aan die vrugte ken 'n mens die boom.

- Jou dade wys wie jy is.

Ek sit die naaste aan die vuur.

- Ek is in 'n bevoorregte posisie.

Hy lag in sy vuis.

- Hy lag stilletjies.

Dis net 'n vyeblaar.

- Dis maar 'n voorwendsel om iets weg te steek.

Hy het die mistrap deur die vingers gesien

- hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen

Twee vlieŽ in een klap geslaan

- twee dinge deur een daad gedoen gekry

Ons het 'n voŽltjie hoor fluit / 'n windjie hoor waai

- ons het so iets gehoor

met die verkeerde been / voet uit die bed klim

- in 'n slegte bui opstaan

Hy is vis nog vlees

- hy kies nie openlik kant nie

Hy is vuur en vlam vir die saak

- hy is baie geesdriftig vir die saak

Met vlieŽnde vaandels slaag

- met groot sukses slaag.

Ver van jou goed, naby jou skade

- as jy nie naby jou besittings is om 'n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel.

Iemand iets aan die verstand bring

- iemand iets goed laat begryp.

Geen vinger verroer om iemand te help nie

- niks doen om iemand te help nie.

Lang vingers hÍ

- geneig wees om te steel.

Iemand op die vingers tik

- iemand berispe.

My vingers jeuk om dit te doen

- ek is baie lus om dit te doen.

Die vingers verbrand - in die moeilikheid kom

- in die moeilikheid kom

Tweede viool speel

- ondergeskik wees.

Onder valse vlag vaar

- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is.

Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)

- die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesÍ van 'n identiese tweeling).

HoŽr vlieg as jou vlerke lank is

- te weelderig vir jou vermoŽ lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoŽ is; meer onderneem as waartoe jy in staat is.

Vlerksleep by 'n meisie

- by 'n meisie kuier om haar liefde te wen.

Lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het

- spierwit aangetrek wees.

VlieŽ vang

- met 'n oop mond sit.

'n Ou voŽl met kaf probeer vang

- 'n bedrewe persoon probeer kul.

Elke voŽl sing soos hy gebek is

- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte.

Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak

- vinnig padgee, vlug.

Vra is vry en weier daarby

- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word.

Jou vuurdoop deurstaan

- die moeilike aanvanklike toets slaag

Weet hoe die vurk in die hef steek

- presies weet hoe sake staan.

Terug na Indeks
South Africa's Top Sites