not logged in

Afrika, Afrikaner en Afrikaans Aanhalings

<< Terug na Onderwerp Lys


Afrikaners...ordentlike mense wat mislei is deur hul leiers.

~ Nelson Mandela

- afrq 25

Die uitdaging van die Nuwe Patriotisme is nie een van 'n keuse tussen Afrikanerdom en Suid-Afrikanerskap nie. Inteendeel, dit is gewis oor die genesende versoening van Afrikaners met volle Suid-Afrikanerskap.

~ Nelson Mandela

Dit is net 'n dwaas of 'n filoloog wat Afrikaans sou wou bespreek sonder om ook aan Afrikaner-nasionalisme te dink.

~ Alan Paton

- The Daily News, 8 Augustus 1975

Ek het vergeet - nie geweet? - in die dae toe ons jonk was: Afrikanerskap is nie heilig. Ons wou dit heilig hÍ; ons wou die volte van menslikheid daaraan gee.

~ N.P. van Wyk Louw

- "Nuusberigte: 1956", Tristia, 1962

Teelbere en -soÍ (gedek en ongedek)
het elkeen ook 'n taak - nes Afrikaners.

~ N.P. van Wyk Louw

- "Voorlopige dood van die jambiese vyfvoeter", Tristia, 1962

Afrikaans kan vitaal bly alleen solank hy die draer van ons volle noodlot, van ons wete-na-albei-kante-toe bly; solank hy konkreet en abstrak bly dink; solank as Europa en Afrika in hom lewe; Afrika wel, maar tog ook altyd Europa.

~ N.P. van Wyk Louw

- Vernuwing in die prosa, 1961

hy't nog nie ons volk vertrou, net soos dit is, nie:
swak, met sterkte daardeur gevleg,
onwys, met wysheid net hier en daar soos goudstof in die slik:
'n gewone volk op onmerkwaardige aarde.

~ N.P. van Wyk Louw

- Die pluimsand waai ver, 1972 (geskryf in 1964)

Glo in jou God! Glo in jou volk! Glo in jouself!

~ D.F. Malan

- Afrikaner-volkseenheid en my ervaring op die pad daarheen

Afrikaner, Quo Vadis?

~ D.F. Malan

- tydens die inwydingstoespraak van die Voortrekkermonument, 16 Desember 1949

Die slagveld is verskuiwe. U Bloedrivier lÍ in die stad...Die Afrikanerdom (is) weer op trek, op sy nuwe Groot Trek...sy nuwe Groter Trek. Dis nie soos 'n honderd jaar gelede 'n trek weg van die middelpunte van die beskawing af nie, maar 'n trek terug - terug van die platteland na die stad.

~ D.F. Malan

- Bloedrivier, 16 Desember 1938

Ek verteenwoordig nie wit mense of Afrikaners nie. Ek is hier omdat ek nie wil hÍ ons erfenis moet misken word nie. Ek weet tot vandag toe nie wat Tshwane is nie. Eers was dit 'n rivier, toe 'n apie en nou 'n mens. Het Tshwane ooit bestaan?

~ Steve Hofmeyr

Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor;
In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor.

~ C.P. Hoogenhout

- oor die verengelsing na die Tweede Anglo-Boereoorlog, in Die Afrikaanse Patriot, 1880

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

~ Totius

- "Vergewe en vergeet", By die monument, 1908

Hulle mag veg soos hulle wil teen ongediertes en barbaarse inboorlinge, maar hulle moenie onafhanklike gemeenskappe stig nie, en bo alles, durf hulle nie na die oseaan kyk nie, sodat dit hulle nie sou beweeg, soos dit ons (die Engelse) beweeg het, tot gedagtes van vryheid en kultuur, van handel en reis nie, en wie weet, 'n toekomste periode van hul demoralisasie, tot gedagtes van 'n "Empire" nie.

~ George H. Perris

- Blood and Gold in South Africa, verwysend na die Britse regering se houding teenoor die Voortrekkers

Hetzij wij overwinnen, hetzij wij sterven: de Vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken, als de vrijheid rees in de Vereenigde Staten van Noord-Amerika. Dan zal het zijn van Zamnezi tot aan Simonsbaai: Afrika voor den Afrikaner.

~ Paul Kruger

- na die boere se oorwinning by Majuba, 16 Februarie 1881

Broeder, jy is my bondgenoot: moet nou nie die wit olifant wees om my in die Engelse kraal te lei nie.

~ Paul Kruger

Gebore onder de Engelsche vlag, wens ik niet daaronder sterven.

~ Paul Kruger

- in sy laaste boodskap aan sy volk, Clarens, Switserland, 19 Junie 1904

Wat die harte van die koloniste die meeste verbitter het, was die koue onverskilligheid waarmee hulle behandel is en die bewustheid dat hulle as 'n mindere ras beskou was.

~ Olive Schreiner

- oor die Britse bewindhebbers se beskouing van die grensboere en Voortrekkers

Na vyftig jaar se geveg en stryd teen die Boer, sal daar geen Boer meer in Suid-Afrika wees wat Afrikaans (the Taal), behalwe as 'n kuriositeit, praat nie; net die groot Engelssprekende Suid-Afrikaner sal oorbly.

~ Olive Schreiner

- oor 'n toekomstige Suid-Afrika

Ons volk is geen volk van soldaten: het zijn hoofden van gezinnen, belastingbetalers...

~ M.T. Steyn

Zullen wij, als verstandige mannen, dan dulden dat een ellendige vrijbuiter de gruwelike rassehaat ons in den hart jaag?

~ M.T. Steyn

- verwysende na die Jameson-inval van 1896 in die Z.A.R.

Kan de eene Afrkaner neutraal blijven wanneer de andere voor Afrika sterft?

~ M.T. Steyn

- 27 September 1899

Het Hollandsch van Holland zal nooit onze taal worden, maar het Hallandsch van Afrika, i.e. het Afrikaansch, is en zal onze taal zijn blijven mits zij steeds gevoedt wordt uit de bron van haar oorsprong, nl. de schoone krachtige literatuur van Holland.

~ M.T. Steyn

- 1904

Die myne is ons volk se grootste vyand...Vandat hulle geopen is, het "Yes" en "No" in die land gekom, en vandat "Yes" en "No" in die land gekom het, het ons al die sonde. Duisende jong Afrikaners se lewe is vandag verrinneweer...

~ Jochem van Bruggen

- "Bywoners", Op veld en rande, 1920

Die vaarlandshart en grote gees
sal, tot die end ons leier wees -
die rotsvas-staner,
die vryheidsbaner,
die Afrikaner!

~ Jan F.E. Celliers

- Jopie Fourie en ander nuwe gedigte, 1920

Daar trek 'n koeŽl, met spoed, met spoed;
hy's nat van Afrikaner bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom uit Afrikaner-hart.

~ Jan F.E. Celliers

- 1920

Daardie mense my vriende? Hulle is nie my vriende nie! Hulle is my gereedskap en as ek met hulle klaar is, gooi ek hulle weg!

~ Cecil John Rhodes

- oor sy verhouding met die Kaapse Afrikaners

U spreek van geloof - wat is geloof? Here, U wil, nie my wil, geskiede! Ek vernietig my onder Gods wil!

~ J.H. de la Rey

- tydens samesprekings tussen die twee Boererepublieke oor vrede met Britanje, 30 Mei 1902

Hier is my burgers wat hul land en hul volk getrou gebly het tot die einde. Vandag is hulle wese en as sodanig gee ek hulle aan u oor.

~ J.H. de la Rey

- aan lord Horatio Kitchener na afloop van die Tweede Anglo-Boereoorlog, 1 Junie 1902

Nou is ons goeie vriende.

~ Horatio Herbert Kitchener

- aan Boereondertekenaars, na afloop van die ondertekening van die Vrede van Vereeniging, Melrosehuis in Pretoria, 1902

Ek is geen Engelsman, en ek is geen Duitser: ek is Afrikaner.

~ Christiaan de Wet

Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.

~ Christiaan de Wet

- tydens die begrafnis van MT Steyn, 3 Desember 1916

Ons volk is in die wÍreld voŽlvry verklaar...

~ D.J. Opperman

- 1968

"Ek is 'n Afrikaner!"
So staan Hollanders, Duitsers en Franse saam
met die hiergeborenes onder daardie naam.

~ D.J. Opperman

- 1956

Ons sal nie halfnaatjies...hier word, want ons mag U wette nie versteur; maar elkeen vermenigvuldig na sy soort en lewe langs mekaar volgens U woord.

~ D.J. Opperman

- Vergelegen, 1956

Hůť kon die rykes van 'n ryk ooit weet
Dat ons sou veg vir ruimtes van ons land
Al moes ons in die veld rysmiere eet?

~ D.J. Opperman

- Joernaal van Jorik, 1949

God het mos in die storm
ons volk se leiers tussen klip en blits
met baarde, Bybel en sambok gevorm...

~ D.J. Opperman

- Joernaal van Jorik, 1949

...ons is geen volk
maar 'n mislukte spul opstandelinge!

~ D.J. Opperman

- Joernaal van Jorik, 1949

Plant vir my 'n Namibsroos
VerafgeleŽ Welwitschia
Hervestig hom in Hillbrow
en doop hom Khayelitsha...

~ Koos Kombuis

- "Swart September", Niemandsland, 1990, opgeneem in Koos se songs, 1998

rated

En is jy wit
Of swart
Kak almal in die symste taal

~ Koos Kombuis

- "Swart September", Niemandsland, 1990, opgeneem in VoŽlvry: The movement that rocked South Africa, 2006

Mens sÍ nie te veel nie as jy beweer dat die helfde van die slegte gevoel tussen Afrikaners en Engelse in Suid-Afrika veroorsaak is deur die onoordeelkundige en dikwels onregverdige inmenging van Engeland.

~ J.B.M. Hertzog

- De Wildt, 7 Desember 1912

Die enigste Afrikaner met wie die Engelssprekende kam saamwerk, is die een wat oogluikend en dikvellig al sy regte prysgee om Engelse "oorgevoeligheid" nie te kwes nie.

~ J.B.M. Hertzog

- Bloemfontein, 4 Desember 1906

Als Afrikaanders moeten we in de eerste plaats door Afrikaanders geregeerd worden, en als dit rassenhaat is, ben ik bereid om naar enig gedeelte van Zuid-Afrika te gaan teneinde die leer te verkondig.

~ J.B.M. Hertzog

- Stellenbosch, 11 April 1911

Nou moet ek sterwe, omdat ek getrou gebly het aan die dinge waaronder ek gebore is en waarvoor ek altyd geveg het. Aan my word geen genade betoon nie, hoewel ek toevalligerwyse die seun was wat onder die wit vlag uitgegaan het om die oorgawe van dr. Jameson te aanvaar, en nou is hy sir Starr Jameson, terwyl ek doodgeskiet moet word.

~ Jopie Fourie

- voor sy teregstelling in 1914

Die boompie wat vandag geplant en met my bloed benat word, sal groei en groot word, en heerlike vrugte vir ons volk dra.

~ Jopie Fourie

- voor sy teregstelling in 1914

Die plek is geruÔneer. Ek het vandag gehoor dat Afrikaans in die hoofstraat gepraat word...in die openbaar!

~ F. Horace Rose

- Pietermaritzburg, 1926

Jingo-Afrikaans - mense so laag gevalle dat jy lus het om jou mond uit te spoel na jy hulle name noem. Ons het al baie slegte nasies en mense in ons tyd gesien, maar nog nooit iets lager of gemeener dan een Engels-gesinde Afrikaner wat sy moeder-taal - die taal door sy vaders gesproke - verag.

~ Eugene N. Marais

Nederlands behoort net gebruik te word om Engels te onderrig, en Engels om die res te onderrig.

~ Alfred Milner

Ons is wel Boeremense, maar ons is nie blerrie bobbejane nie!

~ Marius Jooste

- aan Gert Beetge oor 'n klag oor formele drag wat voorgeskryf is vir 'n dinee

Afrikaans was nog altyd te veel van 'n witmanstaal. Ons het dit nog nooit gesien as 'n taal van Afrika nie.

~ Jan Rabie

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975

Afrikaans is een van Suid-Afrika se trotsste veelrassige prestasies.

~ Jan Rabie

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, 1975

Afrikaans word aangekla as vasgekeerde boelietaal; laat ons nou skryf om Afrikaans alles te laat uitsÍ, oopsing, volledig van terroris tot vryheidsvegter.

~ Jan Rabie

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, 1975

Afrikaners, bruines of wittes, het geen styl, geen vorm nie, pas so gou aan, krimp so maklik in, eet Amerikaanse steaks of Snoek a la Orly by 'n Franse lughawe sonder om op eie kosse te roem, speel gholf om by gegoede immigrante in tel te wees, aap alles van oorsee na - modes, liedjies - versmaai self maklik hul eie taal. Ons het min styl.

~ Jan Rabie

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975

Afrikaans het die definieŽrende eienskap geword vir 'n nasionalisme wat die grootste gedeelte van die bevolking ken veral weens sy arrogansie en wreedheid.

~ Jakes Gerwel

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975

...in hierdie afrekening van Afrika en Afrikaner met mekaar, wat gaan van Afrikaans word? Sal Afrikaans die Afrikanerryk oorleef?

~ Jakes Gerwel

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Broederstroom, 1975

Jy kan jouself verstrengel deur voor jouself te kniel. Try maar, en kyk in watter knoop jy beland.

~ Marthinus Versfeld

'n Taal wat nie 'n kommersiŽle waarde het nie, sterf.

~ Willie Hofmeyr

Die Afrikaners moes apartheid probeer om uit te vind dat dit nie werk nie.

~ Piet Cilliť

- Stellenbosch, 1982

Afrikaners was nog altyd geneid om iets irrelevants te doen.

~ Ken Owen

- nisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Ons taal is 'n grys reserwis van meer dan honderd jaar met die vingers styf om die snellers -

~ Breyten Breytenbach

- "(taalstryd)", Lewendood, 1985

Julle sal leer om gehoorsaam te wees,
gehoorsaam en onderdanig.
En julle sal die Taal leer gebruik,
onderdanig sal julle dit gebruik
want in ons lÍ die monde
met die gif in die klop en die spoel van die hart

~ Breyten Breytenbach

- taalstryd, Lewendood, 1985

Ons bring vir julle die grammatika van geweld
en die sinsbou van verwoesting -
uit die tradisie van ons vuurwapens
sal julle die werkwoorde van vergelding hoor
stotter.

~ Breyten Breytenbach

- taalstryd, Lewendood, 1985

En julle sal die Taal asseblief leer gebruik,
gehoorsaam sal julle dit gebruik, breek...

~ Breyten Breytenbach

- taalstryd, Lewendood, 1985

Ons is waarskynlik soos 'n klomp bekeerde alkoholiste. Ons drink nie meer nie, maar elke slag as jy by daardie kroeg verbygaan, dan ruk daardie elmboog nog so. Ek bedoel dat as ons 'n klomp mense soos hierdie bymekaarmaak, dan dink mense onmiddellik in terme waarskynlik van 'n stryddag en van 'n gekonkel en 'n gekoukus en so aan. Maar ons gaan probeer om soos ordentlike beheerde alkoholiste heeltemal oop kaarte te speel, van voor tot agter, en om so onafrikaans soos moontlik te werk te gaan.

~ Breyten Breytenbach

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

As ek my Afrikanerskap vandag kon opsÍ, sou ek dit doen. Ek skaam my vir my mense.

~ Breyten Breytenbach

- in 'n brief aan Die Burger, 2 Junie 1965, nadat sy ViŽtnamese vrou, Yolande, se aansoek om 'n visum afgekeur is

rated

Alle praat in hierdie treurige, bitter, bont, begrafnisland is politiek - of dit nou fluisterpraat, kakpraat, wind - of spoeg- of saampraat is.

~ Breyten Breytenbach
rated

die arme Afrikaners
hulle wat die lug gekneus het
en plastiek in mŰre geplant het
hulle wat in skroomlikheid kinders maak
en kordaat soos lafaards

in 'n geluidlose gekerm om liefde
met harde knuppels en sagte piele
met slakkerige tongvleis en klipperige skaamlippe
in die donker na wat donker is soek
in lok-asies agter bossies

~ Breyten Breytenbach

- "16 Maart 1974", Soos die so, 1990

Om oor Afrika te vlieg is 'n topografie
van landmeterskap wat aan die mistieke grens -
die oog kan nooit lank genoeg rek

~ Breyten Breytenbach

- 1993

nou betoog 'n geleerde elle en lelle geleerdheid
oor die selfbestemmingsreg van 'n volk
en ons wat nooit 'n volk was nie
maar slegs volk

~ Breyten Breytenbach

sjebienfilosowe, bergkaffers, wolkdeskundiges,
motorkarsangers, opregte oneerlike aanjaers

~ Breyten Breytenbach

- 1997

Afrikaners is hier nie weg te wens nie, en hoe meer daar taalmatig oor hulle gerol word, hoe stywer gaan hul rug word. Die korrekte benadering is tog sekerlik dat hulle ingenooi word om hul kundigheid tot die beskikking te stel van ons demokrasie, ook ter wille van die land se kommersiŽle opbou.

~ Ton Vosloo

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Dit is verskriklik belangrik dat ons altyd daardie reg voorbehou dat ons van mekaar moet, mag en kan verskil. Ons is nie hier om eensgesind te wees nie. Dit is stimulerend en dit is die dinge wat Afrikaans sal laat oorleef, as ons kan leer om te ontleer die ou kodes dat jy nie eintlik jou mond of jou bek te veel mag oopmaak nie.

~ Ton Vosloo

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Ons moet 'n beleid volg en 'n praktyk uitwerk wat die gemeenskaplike in ons samelewing bevorder en beskerm, en terselfdertyd dit wat waardevol is in ons diversiteit eerbiedig....'n "Gariep" -nasie dus, waar die systrome in die hoofstroom saamvloei sonder dat dit ooit deur 'n kommunistiese oorstroming van een of ander stroom oorspoel en uitgewis word...As ons nie in Suid-Afrika 'n kultuur sonder grense kan bevorder nie, dan gaan ons eenvoudig die loopgrawe van toekomstige etniese oorloŽ verdiep.

~ Neville Alexander

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Wat ons, die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, nou ervaar, is 'n vorm van borrelsiekte. As jy skielik van onder af, waar jy lekker vasgesit het in die stelsel, uittop bokant die water, dan begin jou bloed borrel. Ons het nou borrelsiekte in daardie sin, en ons wonder wat gaan met ons aan.

~ Jannie Gagiano

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Afrikaners het 'n spesifieke kultuur, een waarvan die essensie vir dekades en langer een van onverdraagsaamheid was, en hoofsaaklik nog steeds is. Of 'n Afrikaner in die PAC of in die AWB is, hy is basies onverdraagsaam. Die onverdraagsaamheid dra verskeie klede. Dit word veral toegedek met eufemismes soos "vryheidsdrang" "liefde vir grond", "selfregering", en seder die nuwe bedeling "'n verset teen Kommunisme". Wat dit in werklikheid is, is dat die Afrikaner nie iets met iemand wil deel nie.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Hy wil baas wees op sy eie plaas. Hy wil regeer, al moet dit dan in 'n volkstaat wees. En hy soek, al is dit 'n sambreel of 'n speldekop, maar Írens gaan hy 'n baas wees. Sy taal wou hy nie deel met bruin nie; sy huis en toilet wou hy nie deel met swart nie.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literÍre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin.

~ Antjie Krog

- tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

Daardie Afrikaanse ghetto, die plek waarvan jy sÍ die dak afgewaai het, het darem so 'n paar kamers gehad waar die dak "intact" gebly het...Daar is 'n paar skeure in, maar...die affÍre staan darem nog. Wanneer jy rondgegaan het in die huis het jy darem so 'n paar dinge wat waardevol is opgetel, selfs in daardie dele waarvan die blÍddie dak afgewaai het.

~ Adam Small

- in antwoord op Antjie Krog tydens die verkennende gesprek oor 'n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November, 1996

Jy weet die Afrikaner het gely. Maar dieselfde Afrikaner wat gely het, het oorgeneem en het vergeet hy het gely. Hy het net homself gesien.

~ Olga Sema

- 1996

die vrouens moet die tafels dek vir more vroeg;
die mans gaan slaap, vermoeid van al die rus.

~ Ina Rousseau

- "Sondag op Stellenbosch", Die verlate tuin, 1954

My volk het hom
verveel en - toe die skrif gesien.

~ Sheila Cussons

- "Afrikaner", Die somerjood, 1980

In Afrika gebeur dinge soms agterstevoor. Soos dat die son eers moes ondergaan oor die vasteland voordat hy opgekom het, en nie andersom nie.

~ Mathews Phosa

- "Voorwoord", Deur die oog van 'n naald, 1996

Maar net so seker as wat die Afrikanervolk 'n volk van bevryding is, so seker is hy ook 'n volk van onderdrukking.

~ Johan Degenaar

- Voortbestaan in geregtigheid, 1980

Dis eienaardig...Ek kry nooit die geleentheid om Afrikaans te praat nie omdat Boere na Engels oorskakel vinniger as wat jy Freek Robinson kan sÍ. Hulle het 'n spesiale infrarooi verklikker wat aan hul breinkabels gekoppel is en wat Engelssprekendes uitsniffel.

~ Denis Beckett

- The Star, 20 Januarie 1994

Die Walliesers en die Afrikaners het baie gemeen - albei leef te na aan die Engelse en te ver van God.

~ Paul Moorcraft

- Beeld, 9 Desember 1981

Die Afrikaner as politieke begrip is 'n teoretiese uitvinding, 'n mite wat oor dekades heen opgebou is. En die Alternatiewe Afrikaner is 'n wilde groeisel aan dieselfde loot...As 'n mens die Afrikaanse volks-kenners vandag lees, kom jy gou agter wat die woord "Afrikaner" onder andere is: 'n groot ideologiese konstruksie wat as regverdiging gedien het vir onderdrukking en uitbuiting.

~ Gerrit Olivier

- Vrye Weekblad, 3 Februarie, 1989

Afrikaans-wees is meer as kerkbasaars, geloftedagvieringe, sustersverenigings, Broederbond en Rapportryers, Bles Bridges, die dominee en die skoolhoof. Jy kan Boheems in Afrikaans wees, jy kan 'n wÍreldburger of 'n kommunis of 'n sosialis of 'n Katoliek of 'n Hare Krishna wees - jy kan wees net wat jy wil en nog Afrikaans wees. En jy kan baie beslis 'n demokraat en Afrikaans wees.

~ Max du Preez

- oor Vrye Weekblad se boodskap aan Afrikaanssprekendes tydens die laaste jare van apartheid, Oranje Blanje Blues - 'n nostalgiese trip, 2005

Ek is 'n Afrikaan, maar 'n swart man, 'n afstammeling van slawe wat uit Afrika gebring is...As dinge anders was, kon ek een van hulle gewees het - of het een of ander onbekende lot my toegeval in een van die ontelbare, voortdurende burgeroorloŽ of stam botsings op hierdie brutale kontinent. En so bedank ek God dat my voorsaat daardie reis oorleef het...Praat met my oor Afrika en my swart wortels en my verwantskap met my Afrika-broers en ek sal dit in jou gesig teruggooi, en dan sal ek jou neus in die beelde van verrottende vleis invryf (van die slagoffers van die volksmoord op die Tutsi's of Rwanda)...Jammer, maar ek was daar. 'n AK-47 is teen my neus gedruk, ek het met panga-gewapende Hutu-stamlede gesels met die bloed van hul jongste slagoffers op hul T-hemde. Ek het 'n cholera-epidemie in ZaÔre gesien, 'n hongersnood in EthiopiŽ, 'n burgeroorlog in LiberiŽ. Ek het stede gesien wat tot feitlike rommel gebombardeer is, en ander stede afgetakel tot rommel, omdat hul leiers toegelaat het dat hulle verrot en verval terwyl hulle miljarde dollar - ja, miljarde - in oorsese bankrekenings weggesteek het...Dank God my voorsaat het uitgekom, omdat ek nou nie een van hulle is nie.

~ Keith B. Richburg

- Out of America: A Black Man Confronts Africa, 1997

'n Noodsaaklike en vereiste element van die Afrika-Renaissance is dat ons almal dit as ons taak opneem om haar aan te moedig wat die lood-gewig dra, om te rebelleer, om die belangrikheid van haar humaniteit op te dwing - die feit dat sy, in die eerste instansie, nie 'n pakdier is nie, maar 'n mens en Afrika-wese.

~ Thabo Mbeki

- toespraak by die Verenigde Nasies-universiteit, 2 Oktober 2001, Tokio, Japan

Jy moenie vergeet nie, ek is 'n terroris.

~ Thabo Mbeki

- aan Andre P. Brink tydens 'n gesprek voor die ANC se ontbanning en terwyl hulle na Beethoven se Negende Simfonie luister.

rated

Amin? Hy is net 'n godsverdomde kannibaal. 'n Godsverdomde kannibaal moerskont. Hy sal sy eie ma eet. Jesus! Hy sal sy eie ouma opeet!

~ Richard M. Nixon

- oor die Ugandese diktator Idi Amin

Die Afrikaner het 'n neiging om simboolblind te wees. En 'n voorliefde om die verlede voort te sit.

~ Willem de Klerk

- Afrikaanse Skrywersgildeberaad, Maselspoort, 1978

Afrikaners (is) vandag kroes, kras en kordaat....Afrikanerwees is die laaste paar jaar kroes. Letterlik inmekaar gekrul, siek ,olik. Afrikaners is aan die rondmaal soos 'n klomp vasgekeerde skape...Dan is daar die hink-en-pink Afrikaners wat etikette om hulself hang: die ontnugterdes; die rigtingloses; die sinici; die magteloses; die bedruktes; die beswaardes; die afwagtendes wat wag op 'n kaptein wat weer hekke sal oopmaak...Afrikaners het kroes geword. Ander klein volkies is in hulle kroesheid uiteindelik uitgewis.

~ Willem de Klerk

- Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000

Die formule vir die Afrikaanse gemeenskap is saam te vat in drie begrippe: eiebestaan, naasbestaan en saambestaan.

~ Willem de Klerk

- Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000

Ons het 'n afstootlike eksklusiwiteit vertroetel wat in apartheid sy hoogtepunt bereik het. Hoewel daar "versagtende omstandighede" was, het die eksklusiwiteit ontaard in 'n gees van toe-eiening waaraan ons godsdienstige sanksie gegee het. Ons het "heilige name" aan die eksklusiwiteit gegee en die ergste is dat ons dit geglo het. In plaas van onsself te bemagtig, het die eksklusiwiteit ons stap vir stap ontmagtig.

~ Willem de Klerk

- Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000

Uit Afrika altyd iets nuuts

~ Pliny the Elder

<< Terug na Onderwerp Lys

South Africa's Top Sites