not logged in

Akteurs en Toneelspel Aanhalings

<< Terug na Onderwerp Lys


Hy kan nie toneelspeel nie, hy kan nie sing nie, het 'n effense kaalkop, kan 'n bietjie dans.

~ Unknown

- na bewering die uitspraak van 'n talentsoeker oor Fred Astaire

Die nageslag vleg geen krans vir die toneelspeler. Daarom moet hy woeker met sy eie tyd en die oomblik wat aan hom behoort, uitleef.

~ Friedrich von Schiller

- Inleiding tot Wallenstein

'n Akteur is 'n opregte leunaar.

~ Albert Camus

Televisie is kougom vir die oŽ.

~ Frank Lloyd Wright

'n Wye skerm maak 'n vrot rolprent net twee keer so sleg.

~ Samuel Goldwyn

Die spel is nou die ding
Waarmee 'k die koning se gewete dwing.

~ William Shakespeare

- Hamlet (vertaling deur Eitemal)

Om nie na die teater te gaan nie, is soos om 'n toilet te bou sonder 'n spieŽl.

~ Arthur Schopenhauer

'n Akteur is 'n ou wat as jy nie oor hom praat nie, nie luister nie.

~ Marlon Brando
laughing

Die lengte van 'n rolprent moet direk in verhouding staan met die uithouvermoŽ van die menslike blaas.

~ Alfred Hitchcock

In Hollywood betaal hulle jou duisende dollers vir 'n soen en 50 sent vir jou siel.

~ Marilyn Monroe

Hoe hoog men stijge in maat of toon,
het treurspel spant alleen de kroon.

~ Joost van den Vondel

- ook Ovidius, Romeinse digter: Omne genus scripti gravitate tragoedia vincit, Tristia)

Christene moet nie hul rue geheel en al keer op komedies omdat dit growwe aardighede en ontugtighede bevat nie. Om dieselfde rede sou dit beteken dat 'n mens die Bybel nie mag lees nie.

~ Martin Luther

Die lewe agter die verhoog is dikwels dramatieser as die lewe daarop.

~ Fliegende Blštter

'n Aktrise wat suksesvol wil wees, moet die gesig van Venus hÍ, die verstand van Minerva, die grasie van Terpsichore, die geheue van Macaulay, die figuur van Juno, en die vel van 'n renoster.

~ Ethel Barrymore

Toe ek die tragedie by jou oorgeneem het, was hy in 'n treurige kondisie: die een vetlaag op die ander pleks van spiere. Vol geswolle woorde, rye rye blaasoppies. Ek het die hele klomp soustannies dadelik op 'n verslankingsdieet gesit: kleiner woorde, geen bombas of retoriek nie, verder 'n bietjie fyngekapte logika verdun met beetsap, die hele spul gefiltreer deur 'n bietjie beskaafde omgang en die spysvertering aangewakker deur 'n lewendiger, atletieser verspas....

~ Aristophanes

- Die paddas (vertaling deur Merwe Scholtz)

Die bestemming van die tragedie is om ons vatbaarheid vir medelye te vergroot.

~ Gotthold Ephraim Lessing
laughing

'n Vakuum met tepels.

~ Otto Preminger

- 'n beskrywing van die aktrise Marilyn Monroe

Flieks is pret, maar is nie 'n kuur vir kanker nie.

~ Werner Beatty

Die enigste ding slegter as om na 'n vrot rolprent te kyk, is om in een te speel.

~ Elvis Presley

Sanger kom en gaan, maar as jy 'n goeie akteur is, kan jy lank hou.

~ Elvis Presley

Radio is teater van die verstand, televisie is teater van die verstandlose.

~ Steve Allen

Om toneel te speel is bloot die kuns om 'n groot groep mense te keer om te hoes.

~ Ralph Richardson

<< Terug na Onderwerp Lys

South Africa's Top Sites