not logged in

Drome Aanhalings

<< Terug na Onderwerp Lys


Ek is 'n dromer omdat ek 'n realis is.

~ Unknown

Hoe meer 'n mens droom, hoe minder glo hy.

~ H.L. Mencken

- Prejudices


Drome is waar terwyl hulle duur, en leef ons nie in drome nie?

~ Alfred, Lord Tennyson

- The Higher Pantheism


Ek praat van
Drome, kinders van 'n spelende brein,
Verwek deur niks anders as yle fantasie,
So dun in wese soos die lug,
En wisselvalliger as die wind.

~ William Shakespeare

- Romeo and Juliet


Broers, ons het almal sonder God gedroom.

~ D.J. Opperman

- Vergelegen, 1956


elke droom skryf so sy klein, geheime briewe
soggens soek ons die rofies ink in die spieŽl
om dit weg te kan bÍre in argiewe
maar die wonde genees nie

~ Breyten Breytenbach

- "drome is ook wonde", Die huis van die dowe, 1967


Drome is die ware vertolkers van ons neigings, maar kennis is nodig om hulle te vertolk en te verstaan.

~ Michel de Montaigne

- Essays


Drome kom altyd in teenstellings.

~ Oliver Goldsmith

- Citizen of the World


Mense droom dikwels wat hulle wakend wens.

~ Terentius

Drome het ook asem en trane en marteling,
en die aanraking van blydskap;
hulle lÍ swaar op ons gedagtes later,
maar maak ons arbeid ook wel ligter;
Hulle verdeel ons aandag, word deel van ons,
soos die tyd self, en doen hul voor
as boodskappers van die ewigheid.

~ George Gordon Byron

- "The Dream"


Waaroor ons gedink het in die dag,
kom terug as drome in die nag.

~ Menander

- Fragmente


Die mens droom meestal van die dinge waarmee sy gedagtes deur die dag besig was.

~ Herodotus

Die lewe is 'n droom, maar om te drrom is geen lewe.

~ Constantijn Huygens

<< Terug na Onderwerp Lys

South Africa's Top Sites