not logged in

Vriendskap Aanhalings

<< Terug na Onderwerp Lys


Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

~ C.J. Langenhoven

Moenie vriendskap en besigheid meng nie- jy bederf albei.

~ C.J. Langenhoven

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

~ C.J. Langenhoven

As twee vriende eenmaal getwis het, kan hulle afmaak maar die vorige vriendskap kry hulle nooit weer terug nie. Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is.

~ C.J. Langenhoven

Jy sÍ "ja" waar jy moes "nee" gesÍ het omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar reken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

~ C.J. Langenhoven

Die teŽspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het.

~ C.J. Langenhoven

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was.

~ C.J. Langenhoven

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Ander loop julle naderhand albei nakend.

~ C.J. Langenhoven

Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, diť van twis agterna.

~ C.J. Langenhoven

Borgskap is 'n kind van vriendskap, maar hy vermoor graag sy ouer.

~ C.J. Langenhoven

Die manteldraaier maak vriende al in die rondte, totdat hy op die end al in die rondte vyande het.

~ C.J. Langenhoven

Hoe meer tevrede 'n man met my is, hoe meer tevrede is ek met hom. En hoe gouer is ons al twee ontevrede.

~ C.J. Langenhoven

Die ware vriendskap, nou, is nie te koop nie; want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee.

~ C.J. Langenhoven

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

~ C.J. Langenhoven

Gooi vir jou gas "tjiekorie" by die koffie en hy sal die "tjiekorie" onthou en die koffie vergeet.

~ C.J. Langenhoven

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

~ C.J. Langenhoven

Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.

~ C.J. Langenhoven

Afwesigheid is die vyand van liefde en die vriend van vriendskap.

~ C.J. Langenhoven

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

~ C.J. Langenhoven

Daar is ťťn opsig waarin ek my dierbaarste vriend net so behandel soos my bitterste vyand. Ek steek my skande vir albe ewe sorgvuldig weg.

~ C.J. Langenhoven

Dooie vriendskap is die aas van wetsgeleerde kraaie.

~ C.J. Langenhoven

'n Skare is 'n versameling van eensames.

~ C.J. Langenhoven

Stuur jou buurman se vee skut toe en vind die skutgeld te min om vir jouself nog 'n veewagter te huur.

~ C.J. Langenhoven

Wat ek van Job die meeste bewonder is nie die geduld wat hy onder teŽspoed betoon het nie, maar diť wat hom gekeer het dat hy sy drie vriende nie een vir een by die deur uitgeskop het nie.

~ C.J. Langenhoven

Koop jou wingerdstokkies van jou buurman. Jy het nie die vreemde wingerd se druiwe geproe nie.

~ C.J. Langenhoven

Dis nie reg van my buurman om te bid vir reŽn solank as my gerwe nog op die land lÍ nie. Waarom dink hy net aan sy eie belange?

~ C.J. Langenhoven

Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien en al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar 'n derde mens uit. Hy sal naastenby so lyk soos elk van julle twee.

~ C.J. Langenhoven

<< Terug na Onderwerp Lys

South Africa's Top Sites