|
|
C.J. Langenhoven Aanhalings
| |
About C.J. Langenhoven
 Life: 1873 - 1932 Country: South-Africa Profession: Poet; Cornelis Jacobus Langenhoven (13 August 1873 - 15 July 1932), wrote under the pen name C.J. Langenhoven and was better known as Sagmoedige Neelsie (Gentle Neelsie) or Kerneels. He had a formidable role in South Africa's Afrikaans literature and cultural history, and was one of the young language's foremost promoters. He is best known to have written the words for the original South African Anthem Die Stem.
more...
AanhalingsLiefde is nie kunsmatig nie. ~ C.J. Langenhoven
Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur. ~ C.J. Langenhoven
Moenie vriendskap en besigheid meng nie- jy bederf albei. ~ C.J. Langenhoven
Wie liefde verwar met sinnelikheid, sien 'n engel aan vir 'n aap. ~ C.J. Langenhoven
Deur twee dinge is my lewe vir my leefbaar gemaak; die liefde wat ek gegee het, en die liefde wat ek gekry het. ~ C.J. Langenhoven
Die gedienstige engel het gekom in 'n huis waar daar liefde was, en met 'n glimlag omgedraai, en gesê: My diens is hier oorbodig. ~ C.J. Langenhoven
Alle godsdiens is liefde, en die meeste liefde is afgodsdiens. ~ C.J. Langenhoven
Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word. ~ C.J. Langenhoven
Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit not op 'n manier reg. ~ C.J. Langenhoven
Dis makliker om die gemeente lief te hê as jou buurman, en die hele menslike geslag as jou vrou se familie. ~ C.J. Langenhoven
As twee vriende eenmaal getwis het, kan hulle afmaak maar die vorige vriendskap kry hulle nooit weer terug nie. Buiten wanneer hulle met mekaar getroud is. ~ C.J. Langenhoven
Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesê het omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar reken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek! ~ C.J. Langenhoven
As jy nie van iemand hou nie, doen hom 'n weldaad. Daarna sal jy hom liefhê. ~ C.J. Langenhoven
Die teëspoed sif die vriende uit wat die voorspoed geoes het. ~ C.J. Langenhoven
Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was. ~ C.J. Langenhoven
Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Ander loop julle naderhand albei nakend. ~ C.J. Langenhoven
Die prys van vrede is vooruitbetaalbaar, dié van twis agterna. ~ C.J. Langenhoven
Borgskap is 'n kind van vriendskap, maar hy vermoor graag sy ouer. ~ C.J. Langenhoven
Die manteldraaier maak vriende al in die rondte, totdat hy op die end al in die rondte vyande het. ~ C.J. Langenhoven
Hoe meer tevrede 'n man met my is, hoe meer tevrede is ek met hom. En hoe gouer is ons al twee ontevrede. ~ C.J. Langenhoven
Die ware vriendskap, nou, is nie te koop nie; want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee. ~ C.J. Langenhoven
Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie. ~ C.J. Langenhoven
Gooi vir jou gas "tjiekorie" by die koffie en hy sal die "tjiekorie" onthou en die koffie vergeet. ~ C.J. Langenhoven
'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie. ~ C.J. Langenhoven
Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel. ~ C.J. Langenhoven
Afwesigheid is die vyand van liefde en die vriend van vriendskap. ~ C.J. Langenhoven
As jy regtig wil seermaak, soek iemand wat jou liefhet. ~ C.J. Langenhoven
Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer. ~ C.J. Langenhoven
Daar is één opsig waarin ek my dierbaarste vriend net so behandel soos my bitterste vyand. Ek steek my skande vir albe ewe sorgvuldig weg. ~ C.J. Langenhoven
Dooie vriendskap is die aas van wetsgeleerde kraaie. ~ C.J. Langenhoven
'n Skare is 'n versameling van eensames. ~ C.J. Langenhoven
Stuur jou buurman se vee skut toe en vind die skutgeld te min om vir jouself nog 'n veewagter te huur. ~ C.J. Langenhoven
Wat ek van Job die meeste bewonder is nie die geduld wat hy onder teëspoed betoon het nie, maar dié wat hom gekeer het dat hy sy drie vriende nie een vir een by die deur uitgeskop het nie. ~ C.J. Langenhoven
Koop jou wingerdstokkies van jou buurman. Jy het nie die vreemde wingerd se druiwe geproe nie. ~ C.J. Langenhoven
Dis nie reg van my buurman om te bid vir reën solank as my gerwe nog op die land lê nie. Waarom dink hy net aan sy eie belange? ~ C.J. Langenhoven
Vat al die kwaad wat jy in jou buurman sien en al die goed wat jy in jouself sien, en maak daar 'n derde mens uit. Hy sal naastenby so lyk soos elk van julle twee. ~ C.J. Langenhoven
Die wêreld die draai: Vir die swaar wintertyd om ons lande te saai - Of om luilekkerlewend die ploeg te laat roes, En daarna ons vrugte of onkruid te oes.
~ C.J. Langenhoven
Stuur die luiaard na die miere en hy sal daar rondom die miere lê en hy sal hom verlustig in die vlyt en bedrywigheid wat aan die gang is. Want hy hou van werk - die luiaard: solank as dit nie hy is wat werk nie. ~ C.J. Langenhoven
Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom. ~ C.J. Langenhoven
Kla oor die kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het. ~ C.J. Langenhoven
Daar is geen luiaard wat glad nie wil werk nie. Hy verlang maar net na 'n ander soort werk as die wat hy nou moet doen. ~ C.J. Langenhoven
Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry. ~ C.J. Langenhoven
Die luiaard is die enigste man wat van sy slaap sal moet rekenskap gee. ~ C.J. Langenhoven
Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie. ~ C.J. Langenhoven
Met gehoorsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. ~ C.J. Langenhoven
Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen die wat die misverstand jou sou gekos het. ~ C.J. Langenhoven
As sport ons daaglikse plig was, sou ons die werk wat ons nou moet doen byderhand neem vir ons plesier. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat vandag hierdie vak bevlieg en môre daardie wys self dat hy nie weet wat sy roeping is nie. Sy inkomste wys dit ook. ~ C.J. Langenhoven
Salomo het by 'n luiaard se akker verbygeloop. Had hy bietjie vertoef dan kon hy gebie het op die vendusie. ~ C.J. Langenhoven
Hoe swaarder 'n man aan sy goed gekom het, hoe swaarder bring hy daaraan deur. Swaar-kry: lekkerkry; lekker-kry: swaarkry
~ C.J. Langenhoven
Daar is een goeie ding wat 'n slaaf soms koop wat vir sy baas te duur is. Die goeie ding is rus en die prys is arbeid. ~ C.J. Langenhoven
Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan. ~ C.J. Langenhoven
Ek was so besig om kanse te soek dat ek my geleenthede een vir een laat verbyglip het. ~ C.J. Langenhoven
Die ryk man het mos nie nodig om so suinig te wees nie. Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie: hy is 'n suinige man wat ryk geword het. ~ C.J. Langenhoven
Help jou swakke mededinger op die bene bly. As hy tot niet gaan, kom daar straks 'n sterke in sy plek. ~ C.J. Langenhoven
Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus. ~ C.J. Langenhoven
Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk. ~ C.J. Langenhoven
Welvaart is die dogter van matigheid en die moeder van weelde. ~ C.J. Langenhoven
My swaarste pad trap ek self vir my plat, en swaarste is die wat my voete nooit vat. ~ C.J. Langenhoven
Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns nie. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat ek na soek, is nie die wat die minste foute maak nie, maar die wat die meeste foute regmaak. ~ C.J. Langenhoven
En vêrder die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie. ~ C.J. Langenhoven
Het die daeraad lief en die dag sal jou liefhê. ~ C.J. Langenhoven
Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n baas jou sal laat vroeg opstaan. ~ C.J. Langenhoven
'n Man wat oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. ~ C.J. Langenhoven
Dis die flukse perd wat flou word. ~ C.J. Langenhoven
Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet. ~ C.J. Langenhoven
Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander. ~ C.J. Langenhoven
In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei. ~ C.J. Langenhoven
Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees. ~ C.J. Langenhoven
'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Die wat hy nie wegja nie loop weg. ~ C.J. Langenhoven
Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur. ~ C.J. Langenhoven
Om van 'n ou ding ontslae te raak, verf hom nuut. ~ C.J. Langenhoven
Vir sy eie voordeel beklee 'n man 'n beroep; vir die voordeel van sy ewemens volg hy 'n roeping. ~ C.J. Langenhoven
'n Goeie ambagsman kry nooit sy werk na sy eie sin nie; 'n slegte kry dit nooit na die sin van sy klandisie nie. ~ C.J. Langenhoven
Elke artikel wat hy maak is 'n nuwe skoonheid waarvan hy die skepper is: dis syne en 'n ander kon dit nie so gemaak het nie, want sy siel het hy daarin uitgegiet. ~ C.J. Langenhoven
Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan. ~ C.J. Langenhoven
So 'n ambagsman is die gelukkigste mens op die aarde. Sy arbeid is sy lewenslus. Sy hardste werkdag is sy keurigste vakansie. Nie om die prys of die loon nie, maar om die heerlikheid van sy werk, werk hy. ~ C.J. Langenhoven
Ploeg self op die klip land en gee vir jou kneg die sagte grond. Dan sal jy jou kneg behou en jou ploeg ook. ~ C.J. Langenhoven
Moenie by die huis rondlê en jou knegte werk toe stuur nie. As jy vir jou eie belange traag is, hoe kan jy verwag dat hulle vir 'n ander s'n ywerig moet wees? ~ C.J. Langenhoven
Doen jou eie werk. Dis verveliger om te wag solank as 'n ander jou ketel kook as wanneer jy hom self kook. Tog gaan dit gouer, wat hy is nie so spaarsaam met die hout nie. ~ C.J. Langenhoven
Om die luiaard gisteraand nie moeg was nie, het hy vannag nie gerus nie en daarom is hy vanmôre nog lui. ~ C.J. Langenhoven
Die goedkoopste manier om aan jou lewensmiddel te kom is om daarvoor te werk. Die duurste is om dit te steel. ~ C.J. Langenhoven
As jy geen stuk kennis het van die ambag waar jy 'n man voor huur nie, bekyk sy gereedskap. Hy sal nie in jou belang oppassender wees as in sy eie nie. ~ C.J. Langenhoven
Staan by die man wat by die dag werk om te sien dat hy nie te stadig is nie, en by die man wat by die stuk werk om te sien dat hy nie te haastig is nie - of huur twee, een by die dag en een by die stuk, en laat die een die ander skaam maak. ~ C.J. Langenhoven
Maak vir die man wat nie omgee nie goeie werk. Die man wat omgee sal dit by hom sien en ook by jou kom bestel. ~ C.J. Langenhoven
As jy jou werk sleg doen omdat jy jou loon te min beskou, sal jy nooit goeie werk doen nie: want jy sal nooit genoeg loon kry na jou eie sin nie. ~ C.J. Langenhoven
Ons betaal ons onwillige knegte altyd te veel, ons gewilliges altyd te min. ~ C.J. Langenhoven
Betaal 'n donkie se prys en moenie 'n perd se diens te wagte wees nie - maar jy betaal maklik 'n perd se prys en jy kry 'n donkie se diens. ~ C.J. Langenhoven
Daarom het Adam en Eva die Paradys nie gewaardeer nie omdat hy hulle niks gekos het nie. ~ C.J. Langenhoven
'n Man wat nog nooit self iets bymekaar gemaak het nie, het altyd slim planne hoedat 'n ander sy geld behoort te gebruik wat daarvoor gewerk het. ~ C.J. Langenhoven
Die geluk van die skyf is by die roer, en die geluk van die oes by die boer. Die belangstelling van die kneg moet jy toekry: jy kan dit nie huur nie. ~ C.J. Langenhoven
As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: "Ek het hom by sy werk gekry." ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Gee my 'n man Wat sê wat waar is As die duiwel daar is Wat doen wat reg is As die regter weg is Wat trou by sy gewete bly As hy straf in plaas van beloning kry. ~ C.J. Langenhoven
Maar tussen hakies wil ek net dit opmerk: baie van ons voorouers het stoomharte by die ossewaens gehad; baie van ons het remskoenharte by die stoomwaens. ~ C.J. Langenhoven
Dit beteken nie altyd veel om 'n man van belang te wees nie. Die belangrikste persoon op 'n begrafnis is die dooi man. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Skeur jou los van jou eie nasie af en verwonder jou dat die ander nasies nie oormekaar val om jou in te neem nie. ~ C.J. Langenhoven
Die verkwisterige man eet die vrugte van sy lewe groen op; die inhalige laat hulle sit tot hulle vrot is. ~ C.J. Langenhoven
Daar is honde wat maar net hoef te knor. Dit is die wat reeds tevore gewys het dat hulle kan byt. ~ C.J. Langenhoven
Moenie skryf om ongevraagde raad aan te bie nie. Jy weet nie of die man nie miskien te dom is om te weet dat jy slimmer is as hy nie. ~ C.J. Langenhoven
Moenie skryf om te preek nie. Jy weet nie of die man nie miskien self meer besorg is oor sy siel as jy oor joue en syne saam nie. ~ C.J. Langenhoven
Moenie versuim om jou brief nog 'n slag oor te lees nie. Miskien weet die man nie dat jy beter is as die foutjies wat jou ontglip het nie. ~ C.J. Langenhoven
Ek sê nie al die suur mense is fariseërs nie. Maar naastenby al die fariseërs is suur. In alle geval, solank as hulle onthou om fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning. ~ C.J. Langenhoven
Verbeel jou 'n wêreld sonder skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wegloop hel toe. ~ C.J. Langenhoven
Die toets van 'n man is, hoeveel daar nodig is om hom te laat lieg. ~ C.J. Langenhoven
Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy? ~ C.J. Langenhoven
Bly spaarsaam opdat jy die vermoë mag behou om vrygewend te bly. ~ C.J. Langenhoven
Daar is mense wat hulle oë so knaend daarbo op die Hemel gevestig hou dat hulle nie sien hoe min goed hulle hande hieronder op die aarde doen nie. ~ C.J. Langenhoven
Leen jou ore uit aan iedereen wat 'n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie. ~ C.J. Langenhoven
Doen wat reg is en maak die Voorsienigheid aanspreeklik vir die gevolge - in plaas van, soos nou, te maak soos jy lekkerkry en die Here die skuld te gee van die gevolge. ~ C.J. Langenhoven
Beny 'n man sy spaarsaamheid en sy volharding en jy hoef hom nie sy onafhanklikheid te beny nie. ~ C.J. Langenhoven
Die geveinsde man doen soveel moeite om die deug na te aap dat 'n mens jou verwonder waarom hy nie sommer meteens die egte artikel aanskaf nie. ~ C.J. Langenhoven
Om af te breek is geen kuns nie. 'n Klein babetjie kan 'n blommetjie verniel wat dit 'n God gekos het om te maak. ~ C.J. Langenhoven
Om te luister na 'n gesprek wat vol vloekwoorde is, is net soos om te kou aan 'n mondvol koring wat vol klippe is. ~ C.J. Langenhoven
Frisgewaag is half gewonne: maar dis maar die eerste helfte. ~ C.J. Langenhoven
Moenie 'n man help wat homself kan help nie. Jy maak hom hulpeloos vir die toekoms en jy vermors die hulp wat jy vir 'n werklik behoeftige moes gespaar het. ~ C.J. Langenhoven
Ons glo aan die vreemde profeet omdat al wat ons van hom weet goed is. Dit moet goed wees, want ons hoor dit van hom self. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat ál dae lekker kos het, eet nooit lekker nie; en die man wat heeljaar vakansie hou, het geen één rusdag nie. ~ C.J. Langenhoven
Voordat jy 'n nuwe koers inslaan, bereken eers of jy weer sal kan omdraai as jy jou altemit vasloop, en onthou geen pad is na weerskante toe afdraand nie. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat sy saak gewin het, beskuldig nie die regter van partydigheid nie. ~ C.J. Langenhoven
'n Man wat sy toevlug tot 'n leuen moet neem, vind dikwels uit dat hy in 'n huis gaan skuil het wat nie 'n agterdeur het nie. ~ C.J. Langenhoven
Waar die moeilikheid so groot is as 'n berg, klim die wyse bo-oor, die dwaas graaf 'n tonnel onderdeur en bly binne vassteek; die lafaard draai om. ~ C.J. Langenhoven
Die enigste tyd wanneer gespaarde geld niks werk is nie, is wanneer jy 'n goedkoop artikel gekoop het. ~ C.J. Langenhoven
Skat jou bekwaamheid te min om mee te spog en jou karakter te hoog om mee te speel. Op die manier sal jy jou selfrespek bewaar en die respek van jou ewemens verseker. ~ C.J. Langenhoven
Berou is 'n ewigdurende rente op 'n skuld waarvan die kapitaal nooit vereffen kan word nie. ~ C.J. Langenhoven
Ek het baie paaie geloop op die ou wêreld en ek weet van meer wat ander mense probeer het; maar op die ou end weet ek nie van 'n ligter pad as die regte nie. ~ C.J. Langenhoven
Hoe min mense sou te veel drink as die hoofpyn in die prop was in plaas van in die boom van die bottel. ~ C.J. Langenhoven
Hoe meer waarheid daarby is, des te gevaarliker is 'n leuen. Die oneerlike melkboer sal niemand bedrieg as hy die bottels vol skoon water maak nie. ~ C.J. Langenhoven
Aanneemlikheid en waarskynlikheid is die lewensbloed van 'n leuen. 'n Leuen wat uit die staanspoor uit nie geglo word nie is 'n doodgebore duiweltjie. ~ C.J. Langenhoven
Die meerderheid is reg, die minderheid opreg. ~ C.J. Langenhoven
Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat dit jou plig is; jou gelyke omdat dit jou plesier is; jou mindere omdat dit jou voorreg is. ~ C.J. Langenhoven
Hoe min opinies sou daar in die wêreld gewees het as ons almal die moeite moes doen om eers 'n saak te verstaan en dan te beoordeel! ~ C.J. Langenhoven
As iemand se kritiek oor my werk gunstig is, doen ek nie die moeite om te ondersoek of hy 'n bevoegde beoordelaar is nie. ~ C.J. Langenhoven
'n Mens bie in die begin omdat jy die artikel wil hê. Naderhand bie jy omdat die ander hom wil hê. ~ C.J. Langenhoven
Gaan die geregshof gewapend met geregtigheid. En met goeie getuie en 'n knap advokaat. ~ C.J. Langenhoven
Jy eet aan jou eie tafel lekker omdat jy weet hoe dit in die kombuis toegaan. Aan die vreemde, omdat jy dit nie weet nie. ~ C.J. Langenhoven
As jy nie wil inhou nie moet jy naderhand uithou; en as jy nie kan aanhou met teëhou nie moet jy maar tevrede wees om op te hou met byhou. ~ C.J. Langenhoven
Moenie huil oor die kwaad wat jou vyand jou aangedoen het nie. As jy hom nie kan laat huil nie, moenie hom laat lag ook nie. ~ C.J. Langenhoven
Jy mag nie kan kies tussen jou vyand se haat en sy liefde nie, maar jy kan kies tussen sy haat en sy minagting. ~ C.J. Langenhoven
Die na-aper is nie eens 'n aap nie, want die aap is sommer self 'n aap. ~ C.J. Langenhoven
So wie geleer het om vas te trap, het daarby geleer om nie op sand te staan nie. ~ C.J. Langenhoven
Doen wat reg is en jy sal baie stampe kry, maar nie in jou gesig nie. ~ C.J. Langenhoven
Nederigheid kan nooit val nie. ~ C.J. Langenhoven
Hoe weelderiger woord hoe skraler gedagte. ~ C.J. Langenhoven
Om doeltreffend te lieg, moenie die waarheid heeltemal omdraai nie: hou hom skuins. ~ C.J. Langenhoven
Rek die waarheid en jy doen aan hom te kort. ~ C.J. Langenhoven
Ek neem nie die papier kwalik dat hy geduldig is nie, maar die leser. ~ C.J. Langenhoven
Daar mag halwe eiers wees wat beter is as leë doppe: maar die halwe eiers wat na my koers toe gekom het, was nog altyd vrot. ~ C.J. Langenhoven
Dis waar daar is nie rook sonder vuur nie: maar hoe meer rook hoe minder vuur. ~ C.J. Langenhoven
Afguns is ongegunde hulde. ~ C.J. Langenhoven
Om van my hoogmoed ontslae te raak het ek nederigheid aangekweek, en daarop hoogmoedig geword. ~ C.J. Langenhoven
Met 'n man wat met homself tevrede is, is niemand anders tevrede nie. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat agter sy eie goed kyk, sal nie sy buurman s'n vat nie. ~ C.J. Langenhoven
Kleinserigheid is die voorkant van seerkleinigheid. ~ C.J. Langenhoven
Die kontant betaler is baas van sy sak. ~ C.J. Langenhoven
Die waarde van die koelte is in die warm son rondom hom. ~ C.J. Langenhoven
Die afdraande van die heenreis is die opdraande van die terugkoms. ~ C.J. Langenhoven
Sonder net daardie één soort rusies waar weerskante gelyk het, sou daar vrede op aarde wees. ~ C.J. Langenhoven
Maak staat op die raad van die man wat twyfel of dit reg is: die man wat nie twyfel nie het die saak maar van een kant af beskou. ~ C.J. Langenhoven
Draai jou verkyker om om jou buurman se foute waar te neem, en hy sal van die ander kant af daardeur kyk en jou deugde vergroot sien. ~ C.J. Langenhoven
Die preke wat die meeste indruk op ons maak, is die wat ons die minste nodig het. Hulle maak die indruk omdat hulle ons op die soort kwaad wys waarvoor ons uit ons eie die gevoeligste is. ~ C.J. Langenhoven
Die man wat die kosbaarste ware het, loop die minste daarmee te koop. Op hierdie reël is die tong geen uitsondering nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Maar die bloemlesing-skêr-en-gompot-literateurs...Ek sien nie waarom ek hulle behulpsaam moet wees by hulle werk met potte en panne - hulle eie gompotte en ander mense se harsingspanne - en by hulle gebruik om to get rich quick deur te maai waar hulle nie gesaai het nie. ~ C.J. Langenhoven - Aan stille waters, 1930 en 1941
Om dood te gaan is geen kuns nie: die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns: die beste kry dit nie goed reg nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Ons is almal op sterwe na dood. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Sal die leser wat by hierdie plekke kom, as die skrywer in die graf is, onthou dat daar vir hom ook 'n jaar sal kom waarvan hy nie die Ou-jaarsdag sal sien nie. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou, met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees. ~ C.J. Langenhoven
Moenie 'n ander beskuldig dat hy sy oë oopgehou het onder die gebed nie; hy het maar net gekyk of joue toe was. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
Prosedeer oor 'n baadjie en hou jou broek klaar vir die onkoste. ~ C.J. Langenhoven - Ons weg deur die wêreld, 1913
|