not logged in

Die Bybel Aanhalings

Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lÍ, luiaard, wanneer gaan jy opstaan?

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 6:6-9

Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly lÍ, en daar oorval armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 6:10-11

Wie sy grond bewerk, het volop om te eet; wie hom besig hou met nuttelose dinge, het nie verstand nie.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 12:11

Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 14:23

'n Werker se honger laat hom werk, sy behoefte aan kos dryf hom.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 16:26

'n Luiaard ploeg nie in die saaityd nie en soek in die oestyd na iets wat nie daar is nie.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 20:4

Die lui mens sÍ: "Daar is 'n leeu daarbuite! Ek kan doodgemaak word as ek dit buite waag!"

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 22:13

Die luiaard se verskoning is: "Daar is 'n leeu in die pad! Daar is 'n leeu in die straat!"

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 26:13

Luiheid laat die dak inval, slap hande laat die huis lek.

~ Die Bybel

- Prediker 10:18

Wie die wind bly dophou, saai nie, wie na die wolke bly kyk, oes nie.

~ Die Bybel

- Prediker 11:4

Saai jou saad in die mŰre, gaan in die laatmiddag daarmee voort...

~ Die Bybel

- Prediker 11:6

...net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.

~ Die Bybel

- Genesis 3:19

Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie?

~ Die Bybel

- Lukas 14:28

'n Arm mens word selfs deur sy buurman verstoot; 'n ryk man het baie vriende.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 14:20

As jy nie wil arm word nie, moenie lief wees vir slaap nie; staan vroeg op, en jy sal oorgenoeg hÍ om te eet.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 20:13

Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 22:7

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

~ Die Bybel

- Matteus 6:21

Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

~ Die Bybel

- 1 Petrus 5:8


Wie gee verstand aan die ibis
om tee die vloed te waarksu
of wie gee insig aan die haan
om die dag aan te kondig?

~ Die Bybel

- Job 38:36


Kan jy 'n krokodil
met 'n hoek vang
of hom 'n tou in die bek sit?

~ Die Bybel

- Job 40:20


Kyk na die wilde voŽls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie...

~ Die Bybel

- Matteus 6:26


Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pÍrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap.

~ Die Bybel

- Matteus 7:6


Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.

~ Die Bybel

- Matteus 7:15


Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.

~ Die Bybel

- Matteus 10:29


'n Hond wat lewe, is beter as 'n leeu wat dood is. Die wat lewe, weet hulle sal doodgaan, maar die dooies weet niks; daar wag vir hulle niks meer nie, hulle is vergeet; dit is klaar met hulle liefde, hulle haat en hulle hartsog.

~ Die Bybel

- Prediker 9:4-6


'n Sweep vir 'n perd, 'n toom vir 'n donkie, en 'n lat vir 'n dwaas.

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 26:3


Die bloedsuier het twee dogters, hulle is "Gee!" en "Gee!"

~ Die Bybel

- Salomo, Spreuke 30:15


As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in.

~ Die Bybel

- Johannes 12:24


...want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.

~ Die Bybel

- Prediker 9:10


Die mens ken selfs nie die tyd van sy dood nie. Soos visse wat gevang word in 'n net, soos voŽls wat gevang word in 'n wip, so word die mens gevang as die teŽspoed kom, as dit hom skielik oorval.

~ Die Bybel

- Prediker 9:12


"Die dood is vernietig,
die oorwinning is behaal."
"Dood, waar is jou oorwinning?
dood, waar is jou angel?"

~ Die Bybel

- 1 KorintiŽrs 15:56


Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad.

~ Die Bybel

- 1 Timoteus 6:10

Ek slat my twee oge op;
My kyk vang die verste kop
Waarvanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom.
Hy't nou jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voet klippers raak,
Is Hy skoene agterrie skaap
Sontyd is Hy hoed op jou kop.
Innie nag hou hy gevaarlikheid dop
Hy's mos nou da om jou op te pas.
Jou siel hou Hy tussen ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt,
Hy's oor jou vir ewig an vir altyd.

(Psalm 121)

~ Die Bybel

- In Griekwa-Afrikaans, Die Burger, 28 Augustus 1997 (opgeteken deur proff. Hans du Plessis en Christo van Rensburg)


Bid gedurig.

~ Die Bybel

- 1 Tessalonisense 5:17


...as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie.

~ Die Bybel

- Matteus 6:6


Ons Vader wat in die Hemel is,
Laat u Naam geheilig word;
Laat u koninkryk kom;
Laat u wil ook op die aarde geskiet,
Net soos in die hemel.
Gee ons vandag
Ons daaglikse brood;
En vergeef ons ons oortredinge
Soos ons ook diť vergewe
Wat teen ons oortree;
En laat ons nie in versoeking kom nie
Maar verlos ons van die Bose.

~ Die Bybel

- Matteus 6:9-13


Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.

~ Die Bybel

- Markus 14:36


My God, my God, waarom het U my verlaat?

~ Die Bybel

- Markus 15:34


Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.

~ Die Bybel

- Psalm 90:12


...hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand.

~ Die Bybel

- Psalm 90:17


O Allah! U is my Metgesel en my Helper, met u hulp loop ek en met u hulp val ek aan en met u hulp veg ek.
(Die Heilige Koran)

~ Die Bybel

- gebed wanneer 'n vyand teengestaan moet work


O Alla, ons vra van U die goeie van hierdie stad en die goeie van sy inwoners en vra u beskerming teen sy kwaad en die boosheid van sy inwoners en die boosheid in die stad.

~ Die Bybel

- gebed wanneer 'n stad binnegegaan word.


GeseŽnd is diť wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, wnat aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

~ Die Bybel

- Matteus 5:10

Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.

~ Die Bybel

- Lukas 6:38

Tog is dit makliker vir die hemel en die aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.

~ Die Bybel

- Lukas 16:17

Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is.

~ Die Bybel

- Romeine 7:16

South Africa's Top Sites