not logged in

William Shakespeare Aanhalings

About William Shakespeare

William Shakespeare

Life: 1564 - 1616

Country: gb flag England

Profession: Writer; Poet;

William Shakespeare (baptised 26 April 1564 - 23 April 1616) was an English poet and playwright, now widely regarded as the greatest writer in the English language and the world's preeminent dramatist. He is often called England's national poet and the "Bard of Avon" (or simply "The Bard"). His surviving works consist of 38 plays, 154 sonnets, two long narrative poems, and several other poems. His plays have been translated into every major living language and are performed more often than those of any other playwright.

more...

 

Daar is ook Engelse aanhalings deur die outeur.

Aanhalings

Want rykdom het aan vriende geen gebrek,
En wie in nood tot 'n slegte vriend hom wend,
Maak hom 'n vyand tot die bitter end.

~ William Shakespeare

- Hamlet, vertaling deur Eitemal

Arm en tevrede is ryk, en ryk genoeg.

~ William Shakespeare

- Othello, verwerking van Nederlandse vertaling deur W. Courteax

Die misbruik van grootheid is wanner dit berou afskei van mag.

~ William Shakespeare

- Julius Caesar


Verdik my bloed;
Verstop elke weg en toegang tot berou,
Dat geen weekhartige stem van die natuur
My felle doelwit skok, geen vrede wil
En daad sal skei!

~ William Shakespeare

- Macbeth, vertaling deur Eitemal


Sien wat berou kan doen. Wat kan dit nie?
Wat kánd it, as ons geen berou kan voel nie?

~ William Shakespeare

- Hamlet, vertaling deur Eitemal


Wie sterf, betaal alle skuld.

~ William Shakespeare

- The Tempest


Die spel is nou die ding
Waarmee 'k die koning se gewete dwing.

~ William Shakespeare

- Hamlet (vertaling deur Eitemal)

Ek praat van
Drome, kinders van 'n spelende brein,
Verwek deur niks anders as yle fantasie,
So dun in wese soos die lug,
En wisselvalliger as die wind.

~ William Shakespeare

- Romeo and Juliet


Moet nooit geldskieter of geldlener word nie;
Wie uitleen, sal soms geld en vriend verloor,
Wie leen, verstomp sy spaarsin en sy sorg.

~ William Shakespeare

- Hamlet (vertaling deur Eitemal)

En vryheid gryp geregtigheid aan die neus.

~ William Shakespeare

- Measure for Measure

Ons leer aan ander
Die wet van bloed en straf, maar dit keer met krag
Op ons terug. Die reg wat alles gelyk
Afweeg, dwing ook die gifkelk wat ons meng,
Na ons eie lippe.

~ William Shakespeare

- Macbeth (vertaling deur Eitemal)

Die poging, méér as die daad, kan ons
Verdoem.

~ William Shakespeare

- Macbeth (vertaling deur Eitemal)

South Africa's Top Sites